Hallo julle! My eerste Annique Grimering bestelling is geplaas! So teen volgende week kan julle by my ’n draaitjie kom maak en kom kyk watter heerlike grimering hulle het. Ek is vreeslik opgewonde om die dorp te begin rooi (en pienk en pers!) verf!
Vanaf Oktober gaan ek begin om elke maand (meer as die aanvraag groot genoeg is!) grimering oggende te hou. Ek gaan begin met Grimering 101 Basiese Grimeer tegnieke. Ek gaan die oggende hier by my hou (op ‘n Saterdag). As jy sal belangstel om ’n gasvrou te wees vir so ’n oggend, laat weet my.
Wat dit behels om ’n gasvrou te wees:
Jy reël plus-minus so 5 van jou vriendinne om die oggend saam met jou te kom kuier. (R30pp)
Jy bring snacks en drinkgoedjies vir die oggend.
Wat ek beplan vir julle:
Ek doen ’n kort grimeer demonstrasie en wys julle basiese tegnieke. Julle kry die kans om dit self te probeer terwyl ek help.
So, indien jy sal belangstel om vir my gasvrou te speel vir so ‘n oggend, kontak my by marida@jpeitsolutions.co.za of kom maak by my ’n draaitjie by Truterstraat 10.
Lekker daggie!
xxx