Granaatpitjie is baie trots om aan te kondig dat ek binne die volgende week ook ’n verskaffer van Annique Grimering sal wees. Dit beteken dat al die Annique grimeer produkte by die salon te koop sal wees. Hier sal ek jou help om die regte kleure te kies wat jou unieke gesig die beste sal komplimenteer en ek sal jou ook leer hoe om die grimering reg te gebruik.
Ek sal ook binne kort beskikbaar wees om professionele grimering te doen vir alle spesiale geleenthede (Troues, matriekafskeid, danse...).
Ander Annique produkte ook beskikbaar op bestelling:
- · Rooibos vel- en lyfsorg produkte
- · Leefstyl produkte insluitende verslankings produkte, vitamien en mineraal supplemente sowel as rooibos en ander kruietee.
- · Parfuum (mans en dames)
Wees elke maand op die uitkyk vir heerlike “specials”!
No comments:
Post a Comment