Ek sit nou soos ’n klein dogtertjie en opgewonde wees oor my Annique Make-up Kit wat vanoggend hier opgedaag het! Daar is min goed in die lewe wat my so passievol maak soos goeie grimering! Ek kan net eenvoudig nie meer wag om julle gesiggies te begin verf nie!
Professionele Grimering:
Matriekafskeid: R80
Spesiale Geleentheid: R100
Bruidsgrimering: R300
Grimeerlesse: R30pp (minimum van 6persone)
Kom maak gerus by my ’n draai en kom kyk waaroor ek so liries is!
Annique het ook hierdie maand ’n nuwe “Bronze & Glow Self Tan” bekend gestel. Hierdie self tan gee vir jou ’n natuurlike bruin kleur binne 5-10 dae indien dit daagliks gebruik word. R99 (Beskikbaar op bestelling)
Kom vra my gerus uit oor die res van hulle heerlike produkte!
Lekker daggie vir julle!
xxxx
No comments:
Post a Comment