Thursday, 29 September 2011

Lente-Tee

 SATERDAG 24 SEPTEMBER

 CALVINIA – “En Jesus het ….. omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit.”  (Joh 4:5-6) Soos wat Jesus homself “vernuwe” het na ‘n lang dag te voet in daardie jare, só mag ons vroue van vandag in hierdie gejaagde lewe ook maar vir ons bederf en pamperlang by ons skoonhuissalonne en spa’s.
Aldus die woorde van Helene Visagie met haar opening by Saterdag se Lentetee wat Marida Strauss, skoonheidsterepeut van Granaantpitjie in Calvinia by Katryns Gastehuis aangebied het.  Heelwat dames het die oggend bygewoon.  Marida het die dames meer vertel oor haarself, waarvandaan sy kom, haar opleiding en ondervinding by verskillende salonne in die Kaap en haar passie vir die skoonheidsproduk, Nimue.  Marida is getroud met Jack Strauss, ‘n boer in ons distrik, en het al vir bykans ‘n jaar haar eie skoonheidssalon.  Eers , voor die geboorte van hul eersteling-seuntjie, Johann, was haar salon by Granaat en deesdae by hul huis in Truterstraat.  Daar kan jy kom onspan vir onder andere ‘n  heerlike gesigsbehandeling, rugmassering, hand- en voetbehandelings.   Hier kan jy ook Nimue, sowel as Annique produkte kom bestel.

Marida se gasspreker van die oggend, is Hanlie Nel, ‘n skoonheidsterapeut wat al vir die afgelope 9 jaar verbonde is aan Nimue in Kaapstad.  Hanlie, ‘n Calvinianer en dogter van Basie en Loraine Nel, vertel die dames die rede waarom ons somtyds sukkel met ons velle.  Sy deel ons mee waar Nimue vandaan kom en waarom sy voel dit so fantasies is vir die vel.

Hanlie gee aan die dames die geleentheid om almal vir ‘n skandering te kom, waar sy jou vel ontleed en waardevolle raad en inligting met jou deel. 

Chantelle van Pots  & Pans het ‘n heerlike slaai  voorberei vir ons dames en almal kuier lekker saam onder die bome.  ‘n Paar gelukkige dames ontvang geskenkpakkies van NImue, maar niemand gaan leë hande huistoe nie: by elke tafel is ‘n geskenkbewys van Granaatpitjie – van afslag op jou volgende aankope van Annique, tot heerlike behandelings!
Dankie Marida en Hanlie en ook Helene vir hierdie lekker damesoggend.  Ons sal beslis die sonroom onthou en Helene, ons sal aan jou dink wanneer ons daardie watertjie gebruik!







No comments: