Thursday, 29 September 2011

Lente-Tee

 SATERDAG 24 SEPTEMBER

 CALVINIA – “En Jesus het ….. omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit.”  (Joh 4:5-6) Soos wat Jesus homself “vernuwe” het na ‘n lang dag te voet in daardie jare, só mag ons vroue van vandag in hierdie gejaagde lewe ook maar vir ons bederf en pamperlang by ons skoonhuissalonne en spa’s.
Aldus die woorde van Helene Visagie met haar opening by Saterdag se Lentetee wat Marida Strauss, skoonheidsterepeut van Granaantpitjie in Calvinia by Katryns Gastehuis aangebied het.  Heelwat dames het die oggend bygewoon.  Marida het die dames meer vertel oor haarself, waarvandaan sy kom, haar opleiding en ondervinding by verskillende salonne in die Kaap en haar passie vir die skoonheidsproduk, Nimue.  Marida is getroud met Jack Strauss, ‘n boer in ons distrik, en het al vir bykans ‘n jaar haar eie skoonheidssalon.  Eers , voor die geboorte van hul eersteling-seuntjie, Johann, was haar salon by Granaat en deesdae by hul huis in Truterstraat.  Daar kan jy kom onspan vir onder andere ‘n  heerlike gesigsbehandeling, rugmassering, hand- en voetbehandelings.   Hier kan jy ook Nimue, sowel as Annique produkte kom bestel.

Marida se gasspreker van die oggend, is Hanlie Nel, ‘n skoonheidsterapeut wat al vir die afgelope 9 jaar verbonde is aan Nimue in Kaapstad.  Hanlie, ‘n Calvinianer en dogter van Basie en Loraine Nel, vertel die dames die rede waarom ons somtyds sukkel met ons velle.  Sy deel ons mee waar Nimue vandaan kom en waarom sy voel dit so fantasies is vir die vel.

Hanlie gee aan die dames die geleentheid om almal vir ‘n skandering te kom, waar sy jou vel ontleed en waardevolle raad en inligting met jou deel. 

Chantelle van Pots  & Pans het ‘n heerlike slaai  voorberei vir ons dames en almal kuier lekker saam onder die bome.  ‘n Paar gelukkige dames ontvang geskenkpakkies van NImue, maar niemand gaan leë hande huistoe nie: by elke tafel is ‘n geskenkbewys van Granaatpitjie – van afslag op jou volgende aankope van Annique, tot heerlike behandelings!
Dankie Marida en Hanlie en ook Helene vir hierdie lekker damesoggend.  Ons sal beslis die sonroom onthou en Helene, ons sal aan jou dink wanneer ons daardie watertjie gebruik!







Tuesday, 13 September 2011

Annique is hier!

Ek sit nou soos ’n klein dogtertjie en opgewonde wees oor my Annique Make-up Kit wat vanoggend hier opgedaag het!  Daar is min goed in die lewe wat my so passievol maak soos goeie grimering! Ek kan net eenvoudig nie meer wag om julle gesiggies te begin verf nie!

Professionele Grimering:
Matriekafskeid:  R80
Spesiale Geleentheid:  R100
Bruidsgrimering:  R300
Grimeerlesse: R30pp (minimum van 6persone)

Kom maak gerus by my ’n draai en kom kyk waaroor ek so liries is!

Annique het ook hierdie maand ’n nuwe “Bronze & Glow Self Tan” bekend gestel.  Hierdie self tan gee vir jou ’n natuurlike bruin kleur binne 5-10 dae indien dit daagliks gebruik word.  R99 (Beskikbaar op bestelling)

Kom vra my gerus uit oor die res van hulle heerlike produkte!

Lekker daggie vir julle!
xxxx

Monday, 5 September 2011

Body Scrubs

Hello julle!  Granaatpitjie verkoop nou Elize van Niekerk se heerlike Body Scrubs!  Dit kom in 2fantastiese geure: Lemon Grass en Lavender en binne kort ook in Vanilla! 

Dit kos R50p potjie!  

Friday, 2 September 2011

NUUT!


Professionele Grimering
(Vanaf 24 September 2011):

Laat doen jou grimering professioneel deur my:


Matriekafskeid:  R80

Grimering vir ’n spesiale geleentheid:  R100

Bruidsgrimering:  R300
Bruidsgrimering sluit in:        
·         1 toets sessie ten minste 2weke voor die troue
·         Gesig waks en tint van die wimpers en wenkbroue
·         Bruidsgrimering op die dag van die troue
·         1x Annique lipstiffie om die grimering vars te hou op jou spesiale dag!

Sunday, 28 August 2011

Lente-Tee

Granaatpitjie Skoonheidsalon



Kom geniet 'n heerlike oggend saam met my!


Wanneer:  24 September 2011
Waar:  Katryn's B&B, Calvinia
Koste:  R50pp (Dit sluit in 'n ligte ete, tee en koffie.)


Talle Nimue en Annique geskenkies kan gewen word!  Sowel as heerlike Granaatpitjie geskenkbewyse!


Kaartjies beskikbaar by Marida Strauss, Truterstraat 10, Calvinia.  Vir meer inligting kontak my gerus by 0714190070.

Tuesday, 23 August 2011

Nuut by Granaatpitjie!


Granaatpitjie is baie trots om aan te kondig dat ek binne die volgende week ook ’n verskaffer van Annique Grimering sal wees.  Dit beteken dat al die Annique grimeer produkte by die salon te koop sal wees.  Hier sal ek jou help om die regte kleure te kies wat jou unieke gesig die beste sal komplimenteer en ek sal jou ook leer hoe om die grimering reg te gebruik.

Ek sal ook binne kort beskikbaar wees om professionele grimering te doen vir alle spesiale geleenthede (Troues, matriekafskeid, danse...).

Ander Annique produkte ook beskikbaar op bestelling:
  • ·         Rooibos vel- en lyfsorg produkte
  • ·         Leefstyl produkte insluitende verslankings produkte, vitamien en mineraal supplemente sowel as rooibos en ander kruietee.
  • ·         Parfuum (mans en dames)

Wees elke maand op die uitkyk vir heerlike “specials”!      
   

Friday, 12 August 2011

Hello Almal

Ek is nou amptelik weer aan die gang na my kraamverlof!  Kom loer gerus in!  Vir jou volgende afspraak kontak my gerus by 071 419 0070 of mail my by marida@jpeitsolutions.co.za